UITSTALRUIMTE TYDENS SKOU 2008.

Ons is weer besig om te organiseer vir ons Landbouskou wat sal plaasvind vanaf   13 – 16 Februarie 2008.

Aangesien u ons in die verlede ondersteun het, verneem ons op hierdie vroeλ stadium of ons weer volgende jaar vir u ‘n stalletjie moet bespreek.  Indien u ons weer kom ondersteun, voltooi asseblief onderstaande en stuur voor 10 Januarie 2008 aan ons terug tesame met u deposito van R200-00 om sodoende u plek te verseker.  LW Die balans moet betaal word voor of op  1 Februarie 2008.

Ons het uitstalruimte onderdak en in die buitelug beskikbaar.  Die grootte per uitstalruimte onder dak is 3 x 3 meter en in die buitelug 6 x 6 meter en ook 12 x12 meter

Die pryse per staanplek vir die duur van die skou is soos volg:

Alle stalletjies onder dak (3 x 3)       R450-00

Alle kosstalletjies  (voorste ry)          R700-00                   (Let asseblief dat geeneen van die volgende verkoop mag word nie naamlik:

Alle ander kosstalletjies                      R600-00                   Kerrie en rys, Worsbroodjies, Hamburgers, Warm aartappelskyfies en geroosterde

Alle ander stalletjies (voorste ry)      R600-00                   Toebroodjies)

Alle ander stalletjies                            R450-00

Buite stalletjies (12 x 12)                   R900-00

 ‘n Deposito van R200-00 voor of op 10 Januarie 2008 word verlang om u plek te verseker.  Indien u deposito ons nog nie teen 10 Januarie 2008 bereik het nie, sal u  u stalletjies verbeur.  Geen terugbetaling van deposito’s sal gedoen word indien die staanplek nie geneem word nie.

 UITSTALLERS NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

                Stalletjies sal alleenlik toegeken word sodra ons u deposito ontvang.

                Stalletjieshouers wat sonder toestemming voor die tyd op enige dag oppak is nie geregtig op enige terugbetaling nie en sal

ook nie weer vir toekomstige skoue gekeur word nie.

                Geen onderverhuring sal toegelaat word nie.

                Geen standplaas mag ontruim word voor 17:00 op die Saterdag van die skou nie.

                Slegs vooraf goedgekeurde voertuie sal voor 08:00 en na 22:00 op die terrein toegelaat word vir op en aflaai

doeleindes. Voertuie en sleepwaens moet deel van die stalletjies wees of van die feesterrein verwyder word.

                Saalure sal vanaf 08:00 tot 21:00 wees.

 

Stalletjies sal vanaf 12 Februarie 2008 beskikbaar wees.  Indien bespreekte stalletjies teen Dinsdag 12 Februarie 2008 om 18:00 Nog nie beman is nie,  sal dit aan ander uitstallers toegeken word.

Staanplekke voor Dinsdag 12 Februarie 2008 sal beskikbaar wees teen ‘n tarief van R120-00 per dag.

Geen artikels wat nie op die aansoekvorm verskyn mag verkoop word nie.  Geen BB Guns, Klappers of  Stinkbomme mag verkoop word nie.

Uitstallers sal twee toegangskaartjies en een voertuig kaartjie per uitstaller ontvang. Uitstallers kan meer kaartjies bekom teen ‘n koste.

 DEELNAME GESKIED OP EIE RISIKO.

STALLETJIES SAL GERESERVEER WORD SODRA U DEPOSITO VAN R200-00 ONTVANG WORD.

 

DIT IS ‘n VEREISTE DAT ALLE BUITE STALLETJIES OOR BRANDBLUSSERS BESKIK.  INDIEN NIE SAL ‘n BOETE VAN R100-00 GEHEF WORD.

STALLETJIEHOUERS WAT NIE BY NEERGELEGDE REλLS HOU NIE SE NAAM SAL OP ‘N SWARTLYS GEPLAAS WORD WAT DEURGEGEE SAL WORD NA ANDER SKOUE.                                                        

N/B: Betalings moet per Posorder, Tjek  of kontant geskied. 

Vriendelike groete

 

…………………………

P J STEMMET (SEKRETARIS)

 

 

Ek/Ons……………………………………………………………………………………stel belang in ‘n uitstalruimte.

 

ADRES:……………………………………………………………………………………………………………………………….)

 

I/D NOMMER:……………………………………………..ONDERDAK/BUITELUG………………………………………………

 

PRODUK WAT VERKOOP WORD……………………………………………………………………………………………………………………….……………

Webtuiste:…………………………………..E-pos:: ………………………………………                                                  Tel Nr………………………………………….Sel:………………………………Faks Nr………………………………..

 

REλLS SOOS DEUR GENOOTSKAP BEPAAL

 AANVAAR…………………………………………….HANDTEKENING VAN VERTONER.

 

The SPAR Womens Tent