ALGEMENE REλLS

 

ALGEMENE REλLS

 

1.     Inskrywings van enige soort moet die “bona fide” eiendom van die vertoner wees.

2.     Geen dier of enige produk wat aan aansteeklike of besmetlike siekte ly, sal op die tentoonstellingsterrein toegelaat word nie.

3.     Alle goedere en lewende hawe wat ingeskryf is, moet op die skougronde wees ten minste ‘n uur voor beoordeling plaasvind, soos in verskillende afdelings gestipuleer.

4.     Alle inskrywings word op eie risiko van die vertoner op die terrein vertoon.

5.     Inskrywings sal wees soos aangetoon by elke afdeling.

6.     Prysgelde word uitbetaal soos aangedui by elke afdeling behalwe tov Kampioenskappe.

7.     Lidmaatskap:  Aansoekvorms by kantoor beskikbaar

8.     Toegansgeld sal jaarliks deur uitvoerende komitee vasgestel word. Volwassenes: R15 Wo; R20 Dond & Sat en R25 Vrydag

Kinders:  R5 (skoolgaande)

3 Dag hek kaartjie:  R65 per volw

9.     Geen persoon sal op die terrein toegelaat word sonder ‘n kaartjie/toegangs bandjie nie.

10.   Enige beswaar moet skriftelik ingedien word, met ‘n rede wat so ‘n beswaar duidelik uiteengesit en aan die President binne vyf ure na die voorval, tesame met R100 oorhandig word.  Die beslissing van die komitee sal finaal wees.  Indien die beswaar as gegrond beskou word, sal die bedrag van R100 terugbetaal word, maar as die beswaar van die hand gewys word, word die bedrag die eiendom van die genootskap.

11.   Alle inskrywings moet geskied op die amptelike inskrywingsvorm wat saam met die katalogus verskaf word.  Inskrywings sluit stiptelik om 13:00 op die Saterdag wat die skou voorafgaan, tensy anders deur ‘n afdeling bepaal.

12.   Die uitspraak van die beoordelaars sal finaal wees.

13.   In gevalle, volgens die opinie van die beoordelaars, waar standaard van vereistes van verdienste nie voldoende is nie, sal geen prys toegeken word nie.

14.   Geen vertoner mag voor of tydens die beoordeling met die beoordelaar in gesprek tree oor enige inskrywings nie.  So ‘n oortreder mag deur die komitee gediskwalifiseer word.

15.   Geen naam of handelsnaam van die fabrikaat, vertoner of eienaar mag op enige inskrywing verskyn, voor of tydens beoordeling nie.

16.   Die komiteee hou die reg voor om die pryse te verminder as die fondse van die genootskap onvoldoende is om aan al die eise te voldoen.

17.   Alle pryse wat nie binne drie maande opgeλis is nie, sal as verbeur verklaar word en in die fondse van die genootskap gestort word.

 

  

ALGEMEEN

 

18.   Geen persoon, behalwe vertoners sal in die vertoongebou toegelaat word na 16h00 die derde dag nie.

19.   Geen uitstaller sal toegelaat word om enige artikel weg te neem voor 16h00 die derde dag nie.

Tensy spesiale toestemming vanaf kantoor verkry is.

20.   Toekenning van alle stalle sal volgens die diskresie van die betrokke komitee geskied.

21.   Alle diere wat vasgemaak moet word, moet deur die vertoner voor sien word van ‘n geskikte halter.  Alle bulle bo een jaar, moet ‘n ring in die neus hκ.

22.   Enige persoon wat een van die voorafgaande reλls oortree en wat hom skuldig maak aan wanordelike gedrag op die skougronde sal strafbaar wees aan onbevoegdheid om tydens die volgende skou van die Genootskap iets ten toon te stel en sal enige prysgeld wat nog in die hande van die komitee mag wees, verbeur.

23.   Punte word soos volg toegeken:  In afdeling A,D en E

6 punte vir 1ste prys

4 punte vir 2de prys

2 punte vir 3de prys

vir enige kampioen word 2 punte ekstra toegeken

In alle ander afdelings:

3 punte vir 1ste prys

2 punte vir 2de prys

1 punt vir 3de prys

24.   Niemand sal insae hκ in die inskrywings-rekord, behalwe die voorsitter van die betrokke komitee.

 

AFDELING A – SKAPE

MERINO SKOU

 

Reλls, klasse, inskrywingsgeld en pryse met betrekking tot die skou, onder beskerming van die Merino Stoeltelersvereniging van Suid-Afrika.

 

Komitee:

Voorsitter:              JA Saayman (Artho)           028 713 2755 / 082 780 7666

O/Voorsitter:          Piet Geldenhuys                  072 874 6048

Sekretaris:             Hennie Senekal                   028 713 2432 / 082 573 5104

Lede:                      Kobus Geldenhuys, Hennie Geldenhuys, Kosie Geldenhuys, P Olckers, Tinus Pfaff, Dawie, van Rensburg, Rasie Erasmus, Jan Cilliers, Pieter Aucamp, Hennie Pfaff, Koos van Rensburg,            Nico de Jager,

Johannes Pienaar, Jaco Geldenhuys

 

 

 

 

VELDMERINOSKOU

 

Beoordeling begin op Vrydag, 20 Februarie 2009 om 08:30.  Skape word vanaf Donderdag, 19 Februarie 2009 om 07:30 geweeg.  Inskrywings:  Jan Cilliers

 

REλLS

 

1.     Geen skaap met korter wol as 2 cm nie.

2.     Geen skaap mag “getrim” wees nie.

 

NB:  HIERDIE REλL SAL ABSOLUUT TOEGEPAS WORD.

 

3.     Skaap mag wel gemikskeer en gemule wees.

4.     Kortwol is 6 cm en korter anders langwol.

5.     Geen oormatig gevoerde skape word toegelaat nie.

6.     Beoordelaars se beslissing is finaal.

7.     Enige dispute sal deur arbiter hanteer word.  Sy beslissing is finaal.

8.     Let wel:  Geen ongeskeerde langwolramlam word geskou nie.

9.     Inskrywingsgeld is R15,00 per skaap. Met ‘n maksimum van R225.

10.   Geen beperking op aantal inskrywings nie.

11.   Elke klas is ‘n Kampioenskap.

12.   Veldstoet en kudde afdeling skou gesamentlik.

 

SPESIALE KLASSE:  STOET AFDELING

 

Klasse en gewigte

Ongeskeerde kortwol – lammers

 

1.     Kampioen kortwol-ooilam:  38kg en minder (groen)

…………………………………………………………..…………….

2.     Kampioen kortwol-ooilam: 38,1kg tot 48kg (blou)

……………………………………………………….….…………….

3.     Kampioen kortwol-ooilam: 48,1kg en meer (rooi)

………………………………………………………………..……….

4.     Kampioen kortwol-ramlam: 45kg en minder (groen)

……………………………………………………………………..….

5.     Kampioen kortwol ramlam: 45,1kg tot 55kg (blou)

………………………………………..……………………………….

6.     Kampioen kortwol ramlam: 55,1kg en meer (rooi)

……………………………………………..………………………….

Ongeskeerde langwol-lammers

7.     Kampioen ongeskeerde langwol-ooilam: 40kg en minder (groen)

…………………………………………………..…………………….

8.     Kampioen ongeskeerde langwol-ooilam: 40,1kg tot 50kg (blou)

………………………………………………………..……………….

9.     Kampioen ongeskeerde langwol-ooilam: 50,1kg en meer (rooi)

……………………………………………………………..………….

Geskeerde kortwollammers

 

10.   Kampioen geskeerde kortwol-ooilam: 40kg en minder (groen)

…………………………………………………………………..…….

11.   Kampioen geskeerde kortwol-ooilam: 40,1kg tot 50kg (blou)

………………………………………………………………….…….

12.   Kampioen geskeerde kortwol ooilam: 50,1kg en meer (rooi)

……………………………………………………………………………..…….

13.   Kampioen geskeerde kortwol ramlam: 52kg en minder (groen)

…………………..………………………………………………….…..……….

14.   Kampioen geskeerde kortwol ramlam: 52,1kg tot 62kg (blou)

…………………..……………………………………………………………….

15.   Kampioen geskeerde kortwol ramlam: 62,1kg en meer (rooi)

…………………..………………………………………………………..….….

Tweetand kortwol-ooie en –ramme

16.   Kampioen tweetand kortwol ooi: 45kg en minder (groen)

…………………..………………………………………………….…………...

17.   Kampioen tweetand kortwol ooi: 45,1kg tot 55kg (blou)

…………………..……………………………………………………………....

18.   Kampioen tweetand kortwol ooi: 55,1kg en meer (rooi)

…………………..……………………………………………………………….

19.   Kampioen tweetand kortwol-ram: 60kg en minder (groen)

…………………..……………………………………………………………….

20.   Kampioen tweetand kortwol-ram: 60,1kg tot 70kg (blou)

…………………..……………………………………………………………….

21.   Kampioen tweetand kortwol-ram: 70,1kg en meer (rooi)

…………………..……………………………………………………………….

Viertand kortwol-ooie en –ramme

22.   Kampioen viertand kortwol-ooi: 50kg en minder (groen)

…………………..………………………….……………..…………………….

23.   Kampioen viertand kortwol-ooi: 50,1kg tot 60kg (blou)

…………………..…………………………………….…..…………………….

24.   Kampioen viertand kortwol-ooi: 60,1kg en meer (rooi)

………………………………..……………………………………..………….

25.   Kampioen viertand kortwol-ram: 69kg en minder (groen)

……………………….………….………………………………….....

26.   Kampioen viertand kortwol-ram: 69,1kg tot 79kg (blou)

………………..………...……………………….…………………….

27.   Kampioen viertand kortwol-ram: 79,1kg en meer (rooi)

……………………..…….…………..……………………………….

Geskeerde langwol-lammers

28.   Kampioen geskeerde langwol-ooilam: 42kg en minder (groen)

…………………………………………..…………………………….

29.   Kampioen geskeerde langwol-ooilam: 42,1kg tot 52kg (blou)

……………………………………………………..………………….

30.   Kampioen geskeerde langwol-ooilam: 52,1kg en meer (rooi)

…………………………………..…………………………………….

31.   Kampioen geskeerde langwol-ramlam: 55kg en minder (groen)

………………………………………..……………………………….

32.   Kampioen geskeerde langwol-ramlam: 55,1kg tot 65kg (blou)

……………………………………………..………………………….

33.   Kampioen geskeerde langwol-ramlam: 65,1kg en meer (rooi)

………………………………………………….………………….....

Tweetand langwol-ooie en –ramme

34.   Kampioen tweetand langwol-ooie: 48kg en minder (groen)

……………………………………………………..………………….

35.   Kampioen tweetand langwol-ooi: 48,1kg tot 58kg (blou)

…………………………………………………………..…………….

36.   Kampioen tweetand langwol-ooi: 58,1kg en meer (rooi)

……………………..………………………………………………….

37.   Kampioen tweetand langwol-ram: 63kg en minder (groen)

……………………..………………………………………………….

38.   Kampioen tweetand langwol-ram: 63,1kg tot 73kg (blou)

………………..……………………………………………………….

39.   Kampioen tweetand langwol-ram: 73,1kg en meer (rooi)

………………..……………………………………………………….

Viertand langwol-ooie en –ramme

40.   Kampioen viertand langwol-ooi: 52kg en minder (groen)

..................................................................................................................

41.   Kampioen viertand langwol-ooi: 52,1kg tot 62kg (blou)

…………………..……………………………………………………………….

42.   Kampioen viertand langwol-ooi: 62,1kg en meer (rooi)

……………………..…………………………………………………………….

43.   Kampioen viertand langwol-ram: 70kg en minder (groen)

……………………..…………………………………………………………….

44.   Kampioen viertand langwol-ram: 70,1kg tot 80kg (blou)

……………………..…………………………………………………………….

45.   Kampioen viertand langwol-ram: 80,1kg en meer (rooi)

……………………..…………………………………………………………….

46.   Bes geboude skaap (Moet voldoen aan ras standaarde)

…………………...…………...…………………..…………………………….

47.   Skaap met beste vag (Ram of ooi geplaas in kampioenskap) (Moet voldoen aan ras standaarde)

…………………………..…………………………..………………………….

48.   Meeste punte

…………………………………..…………………..………………………….

 

DORPERS

Klas:

 

1.     Ooilam 40kg en onder

2.     Ooilam oor 40kg tot 50kg

3.     Ooilam oor 50kg tot 60kg

4.     Ooilam oor 60kg

Junior kampioen ooi

Reserwe kampioen ooi

5.     Groep van drie ooilammers

6.     Ooi, twee-tand

7.     Ooi, vier-tand

Senior Kampioen ooi

Reserwe senior kampioen ooi

Groot kampioen ooi

Reserwe groot kampioen ooi

8.     Ramlam, 45kg en onder

9.     Ramlam oor 45kg tot 60kg

10.   Ramlam oor 60kg tot 75kg

11.   Ramlam oor 75kg

Junior kampioen ram

Reserwe junior kampioen ram

12.   Groep van drie ramlammers

13.   Ram, twee-tand

14.   Ram, viertand

Senior kampioen ram

Reserwe senior kampioen ram

Groot kampioen ram

Reserwe groot kampioen ram

15.   Groep – bestaande uit ‘n ram, ‘n ooi (twee- of viertand) en twee lammers.

 

DORPER VELDSKOU (Slegs ooie in groepe van 5)

Volgens erkende veldskou reels.

Volle besonderhede by konvenor beskikbaar.

 

JUNIOR KAMPIOENSKAPPE

Slegs eerste prys wenners van klasse

1, 2, 3, 4, 8, 9, 10 en 11 kan meeding.

 

SENIOR KAMPIOENSKAPPE

Slegs eerste prys wenners van klasse

6, 7, 13 en 14 kan meeding.

 

GROOT KAMPIOENSKAPPE

Slegs Junior en Senior kampioene kan meeding

 

RESERWE KAMPIOENSKAPPE

Dieselfde skape soos hierbo genome word in die ring gehou en ‘n skaap wat deur die kampioen uitgeskakel was, word in die ring gebring.

 

VLEISSKAAPRASSE

DORMER  SUID KAAP  STREEKSKAMPIOENSKAPPE

 

Ontvangs: Donderdag, 19 Februarie 2009, 10:00 – 11:00

Beoordeling begin om 11:00

Inskrywingsgeld:  R15/kop met ‘n maksimum van R225.

Inskrywings: Hennie Senekal 082 573 5104 of Kosie Geldenhuys 082 416 5062

 

Wollengte: Skape moet 6 weke voor skou met masjien geskeer word.

 

Klas 1                    Ramlam onder 45kg

Klas 2                    Ramlam 45kg en swaarder

Klas 3                    Ram 2-tand

Junior Kampioen Ram (Plasing klas 1, 2 & 3)

Reserwe Junior Kampioen Ram (Plasing klas 1, 2 & 3)

Klas 4                    Ram 4-tand

Klas 5                    Ram 6-tand en oor

Senior Kampieon Ram (Plasing Klas 4 & 5)

Reserwe Senior Kampioen Ram (Plasing Klas 4 & 5)

Klas 6                    Ooilam onder 40kg

Klas 7                    Ooilam 40kg en swaarder

Klas 8                    Ooi 2-tand

Junior Kampioen Ooi (Plasing Klas 6, 7 & 8)

Reserwe Junior Kampioen Ooi (Plasing Klas 6, 7 & 8)

Klas 9                    Ooi 4-tand

Klas 10                  Ooi 6-tand en oor

Senior Kampioen Ooi (Plasing Klas 9 & 10)

Reserwe Junior Kampioen Ooi (Plasing Klas 9 & 10)

Klas 11                  Groep 3 ooie: 2-tand en jonger

Klas 12                  Groep 3 ooie: 4-tand en ouer

Klas 13                  Groep 3 ramme: 2-tand en jonger

Klas 14                  Groep 3 ramme: 4-tand en ouer

Klas 15                  Beste bouvorm: Ram (Enige ouderdom)

Klas 16                 Beste bouvorm: Ooi (Enige ouderdom)

 

 

SA  VLEISMERINO

KLASLYS VIR PROVINSIALE SKOUE

RIGLYNE  VANAF  2007

Koordineerder:  Rasie Erasmus

Inskrywings sluit: 19 Februarie 2009 om 18h00 Inweeg: 19 Febr om 08h00

Plasings 5 per klas behalwe Kampioenskapklasse. Pryse vir alle plasings.

Inskrywings fooi: R15/dier met ‘n maksimum van R225/stoet

Geen beperkings op inskrywings

ALLE  SKAPE  SE  WOL  MOET  4 – 8 MAANDE  OUD  WEES

 

Groepklasse

Klas 1:                   Kampioen stel meerlinge (Nie ouer as 2-tand)

Klas 2:                   Beste Paar Ram en Ooi (Nie ouer as 2-tand)

 

WOLKLASSE (2-tand)

Klas 3:                   Senior Kampioen en Reserwe Kampioen Wolooi

Klas 4:                   Senior Kampioen en Reserwe Kampioen Wolram

 

OOI-KLASSE

Ooilam

Klas 5:                   Ooilam ligter as 50kg

Klas 6:                   Ooilam 50.1kg tot 60kg

Klas 7:                   Ooilam 60.1kg tot 70kg

Klas 8:                   Ooilam 70.1kg tot 80kg

Klas 9:                   Ooilam 80.1kg en swaarder

KAMPIOEN OOILAM en RESERWE KAMPIOEN OOILAM (aangewys uit wenners van klasse 5 tot 9)

 

Ooi (2-tand)

Klas 10:                                Ooi ligter as 70kg

Klas 11:                                Ooi 70.1kg tot 85kg

Klas 12:                                Ooi 85.1kg en swaarder

KAMPIOEN OOI en RESERWE KAMPIOEN OOI (aangewys uit wenners van klasse10 to 12)

 

RAM-KLASSE

Ramlam

Klas 13:                                Ramlam ligter as 60kg

Klas 14:                                Ramlam 60.1kg tot 70kg

Klas 15:                                Ramlam 70.1kg tot 80kg

Klas 16:                                Ramlam 80.1kg tot 90kg

Klas 17:                                Ramlam 90.1kg tot 100kg

Klas 18:                                Ramlam 100.1kg en swaarder

KAMPIOEN RAMLAM en RESERWE KAMPIOEN RAMLAM (aangewys uit wenners van klasse 13 tot 18)

 

RAM (2-tand)

Klas 19:                                Ram 100kg en 115kg

Klas 20:                                Ram 115.1kg tot 130kg

Klas 21:                                Ram bo 130.1kg en swaarder

KAMPIOEN JUNIOR RAM EN JUNIOR RESERWE KAMPIOEN RAM (aangewys uit wenners van klasse 19 tot 21)

 

RAM (4-tand tot volbek)

Klas 22:                                Ram 4-tand – Geen gewigs beperking

Klas 23:                                Ram 6-tand en ouer – Geen gewigs beperking

                                KAMPIOEN SEN. RAM EN RESERWE SEN. RAM (aangewys

                                uit wenners van klasse 22 tot 23)

 

BESTE VASHOUER - TOEKENNING

Aan vashouer wat die meeste punte op die skou verwerf het.

 

 

VICTOR LUDORUM – TOEKENNING

AAN VERTONER WAT DIE MEESTE PUNTE OP DIE SKOU VERWERF HET

 

  

SLAGLAM KOMPETISIE

Inskrywings:  Hennie Senekal R10/kop

Weeg vanaf 7:00 Donderdag, 19 Februarie 2009

Beoordeling begin: 8:00

 

 3 Wisseltrofee, 3 bekers, rosette en linte en kontant Pryse van +R1500

 

PROSEDURE OP DAG VAN SKOU

 

1.     Inskrywings fooi R10/lam

2.     Weeg en Merk:  Begin om 7vm soos wat vertoners opdaag

3.     Merk: Lammers word gemerk volgens gewig klasse bv. blou vir 40kg en rooi vir bo 40kg

4.     Klas 1 en klas 2:  Gaan oor die eenvormigheid van die groep

5.     Klas 3 en klas 4:  Dit is ‘n enkel lam klas en klas 1 en klas 2 kan ook as ‘n enkel lam hieraan deelneem

6.     Kommentaar deur beoordelaars word om die beurt gedoen na elke plasing

7.     Prysgeld word aan wenners oorhandig na elke klas afgehandel is

8.     Na afloop van beoordeling op die hoef word foto’s van die wenners geneem.  ‘n Geblokte afskrif van die foto’s word aan elke wen vertoner geskenk deur  Borg.

9.     Slag van lammers:  Daar word gewoonlik +25 lammers geslag wat die wenners van die verskillende klasse verteenwoordig (Getalle mag verskil aangesien van die groepklasse ook by die enkellam kam wen)  Lammers word met oorplaatjies nr 1- 25 gemerk en na die slagpale geneem

10.   Karkasse:  Die karkasse word gemerk met karton kaartjies soos by die lewendige diere nr 1-25 en in die koelkamer gelaat om aftekoel vir die beoordeling van die karkasse

11.   Beoordeling van slaglam aan die haak:  Gewoonlik die volgende dag, Vrydag oggend om 9 uur, die afgelope paar jaar by die Hoλr Landbouskool Oakdale

12.   Die karkas beoordeling word deur ‘n Samic Verteenwoordiger waargeneem en die finale uitslag word deur ‘n rekenaar program gedoen.  Inligting wat vir die doel ingesleutel en deur die rekenaar verwerk word is die volgende:  Dier nr; ras; karkas no; klas bv A2/A3; massa; 4 verskillende vetdikte meetings; punt vir karkasvet bv 2/3; bouvorm punt, ens.

13.   Nie alleen word die kampioen slaglam aan die haak aangewys nie, maar word die enkel karkasse in rangorde van 1-25 geplaas en word elke vertoner se groep plasing in die kompetisie ook aangedui

14.   Samic vra ‘n fooi van R10 per karkas wat beoordeel word, maar gee ook ‘n borg van R1000 vir hierdie doel

15.   Deelname aan Nasionale Lam Karkaskampioenskappe:  Samic neem die uitslag van ons Slaglam kompetisie en skryf dit in by die bogenoemde kompetisie m.a.w. ons kompeteer landwyd met ander vertoners

16.   Samic he took al van ons vertoners uitgenooi om die prysuitdelings funksie in Johannesburg bytewoon.  Al was daar nog nie ‘n wenner uit Riversdal nie

17.   Die Slaglam kompetisie word afgesluit deur ‘n veiling Vrydag middag om 6nm voor die Hoof Arena waar die Kampioen Slaglam aan die haak opgeveil en die opbrengs tradisioneel deur die eienaar aan Huis Wallace Anderson geskenk word.  Die 2de en 3de plasings word ook op die veiling verkoop

18.   Die ander karkasse word gewoonlik of deur die eienaar self geneem of deur een van die plaaslike slagters per kg prys gekoop

19.   Rekenaar uitslae:  Elke deelnemer wat belangstel in die uitslae soos deur Samic verskaf kry ‘n afskrif by Borg se kantoor.  Beoordelaars kry ook elkeen ‘n afskrif saam met ‘n bedankings brief

20.   Ons Slaglam kompetisie word elke jaar net groter en beter ondersteun en dit word bevestig deur die uitslag op die Samic Rangorde lys waar ons kampioenkarkas van 2007 ‘n 93,69% behaal het, die tweede plasing het ‘n 93,37% behaal, terwyl ons 3de plasing ‘n 93,20% behaal het.

 

KLAS 1  Kampioen Groep van 3 (lig) 40kg en onder

                Reserwe Kampioen Groep

                3de Plasing

 

KLAS 2  Kampioen Groep van 3 (swaar) 40,1kg en swaarder

                Reserwe Kampioen Groep

                3de Plasing

 

GROOT KAMPIOEN GROEP

RESERWE KAMPIOEN GROEP

(Ligte en swaar kampioen & Reserwe kampioen / Groepe skou teen mekaar vir hierdie klas.)

 

KLAS 3  Kampioen Slaglam (enkel) Lig 40kg en onder

                Reserwe Kampioen

                3de Plasing

 

KLAS 4  Kampioen Slaglam (enkel) swaar 40,1kg en swaarder

                Reserwe Kampioen

                3de Plasing

 

GROOT KAMPIOEN SLAGLAM

RESERWE KAMPIOEN SLAGLAM

(Klas 3 en klas 4 Kampioene / Skou teen mekaar vir hierdie klas.)

 

KLAS 5  Kampioen Slaglam aan haak

 

Prys vir die beste vashouer

 

SA VLEISMERINO NASIONALE VAG KOMPETISIE

Kontak:  Robert Scott / Jan Cilliers vir inskrywings

  

VERTOON RUIMTE / STALLETJIE

 

Daar sal + 10 stalletjies van 2,8 X 1,8m onderdak beskikbaar wees by die skaap afdeling @ R250-00 waar vertonners hul ware kan kom vertoon.

Skakel Skou Sekretaris by 028 – 713 1215 vir navrae.

BRAAI STALLETJIE

Daar sal weer soos die vorige jaar verversings te koop aangebied word by die skaapafdeling.  (Iets te drinke, braaivleis, roosterbrood, ens.)  Moet dit nie misloop nie.