Volgende Skou Datum:

16-19 Februarie 2011

 

RIVERSDAL SKOU – EG PLATTELANDS

Kobus Gerber – President, Riversdal Landbougenootskap

Ons wil graag hier aan die begin van 2011 vir almal ‘n voorspoedige jaar toe wens. 

Ek wil vir almal betrokke, ‘n groot woord van dank toevoeg met hul bydrae tot 2010 se suksesvolle skou.  ‘n Groot en besonderse dank aan ons Hemels Vader wat ons gelei het tot hierdie sukses en ons vertrou dat hy ons ook sal lei in 2011.

Die beesafdeling bied vanjaar die Kaapse Ayrshire Kampioenskappe , asook die Suid-Kaap Jersey Kampioenskappe aan en verskeie rasse bv. Rooi Poenskop, Hereford, en Angus word ten toon gestel.

Die Suid-Kaap SA Vleis Merino Kampioenskappe, en die Suid-Kaap Veld Merino Kampioenskappe vind hier plaas.  Die Slag Lam Kompetisie is ook altyd ‘n baie gewilde item op ons program. 
 Ons is ook baie trots daarop om ons jeug intens betrokke te hê by ons skou.  Die Streek Jeugskou word hier aangebied.  Ons jeug neem hiermee deel aan ons Bees-, Skaap- en Pluimvee-afdelings. 
Donderdag na-middag neem verskeie skole deel aan ‘n massa atletiek aflos-byeenkoms.  Die adrinalien vloei behoorlik tydens hierdie geleentheid.

Die Perde-afdeling bied ‘n SA Saalperd Streeks Kampioenskap, die SA Boerperd Streeks Kampioenskap en die Miniatuurperd Wes-Kaap Kampionskap.  Dit word ook aangevul deur ‘n sterk kompetisie van Walliese ponies sowel as Arabier perde en vele meer.

Riversdal Skou akkomdeer graag ook die dames.  ‘n Groot hoogte punt is ons SuperSpar Dames Oggend wat ‘n heerlike interressant oggend saam met Janie du Plessis en Burger van Supersterre 2010 insluit.

Vir ons jonger deelnemers is daar “Mnr & Mej Valentine”, “Mnr & Mej Mini Skou” en dan ook ons gewilde “Babaskou”.

Donderdagaand tree Burger, Wenner van Supersterre 2010 en Vrydagaand, Macia, top 3 van Supersterre

2010 en Trompoppies van LS Voorwaarts onder leiding van die Royal Crusaders Blaasorkes ook op by ons.

Die skou word ook aangevul deur ongeveer 100 binne en buite stalletjies sowel as kommersiele uitstallers.

Riversdal Skou is ‘n uitstekende gasheer en ons skou dames voorsien die heerlikste etes.  Ons dames bied ook ‘n tee aan vir ons bejaardes in die gemeenskap.  Ons is ook baie trots op ons steaketes wat in die Geldenhuys-lokaal aangebied word. 
‘n Tradisionele braai-ete word ook by die Skaap afdeling voorsien waar daar heerlike vars gebraaide tjops beskikbaar is.

Baie dankie aan lojale borge wat hierdie geleentheid moontlike maak, asook die Hessequa Munisipaliteit wat ‘n enorme bydrae lewer tot die voorbereiding van die skou.

 

Kontak ons gerus by die Skoukantoor  by 028 713 1215of besoek gerus ons webruiste by www.skou.riversdaler.co.za.

Ons verwelkom u, u gesin, vriende, en kollegas graag by Riversdal Landbou Skou.