Waaraan en aan wie het Riversdal Landbougenootskap sy bestaan te danke?
Die eerste skou is
gehou op, 29 Februarie 1868, maar die genootskap bestaan al reeds vanaf so vroeg
as 26 Desember 1856.
Die eerste skou is
gehou op die plein, in die midde-dorp, langs die ou wolstoor, waar die wol en
volstruisvere verkoop is, dit het later deel geword van die Stadsaal.
In 1905 skenk die staat
3 morg grond en nog 8 morg word deur mnr Andries van Wyk (Dr AL van Wyk, wat
nog steeds op Riversdal woon, se oupa) geskenk. In 1926 word nog 'n morg grond
aangekoop.
Die Landbougenootskap
is die oudste landbou organisasie in Riversdal, en later het daaruit landbou
verenigings ontstaan. (1929)
In 1933 het die
winkeliers, saam met die genootskap besluit om die winkels op die Woensdag
middag te sluit tydens die skou. Die skou was toe op 'n Woensdag en Donderdag
aangebied.
In 1935 is die eerste
paviljoen gebou.
Die eerste SA
Kampioenskap is aangebied in 1968. ‘n SA Boerperd Kampioenskap is aangebied
tydens die eeufees skou.
Daarna is nog vele
Kampioenskappe aangebied.
Soos uit ou notule’s
afgelei kan word, word daar reeds ‘n puik skou elke jaar aangebied, waarop ons
gelukkig net elke jaar nog verbeter.
RIVERSDAL SKOU BEHAAL
GROOT PRESTASIE!
Tydens die Agri-Expo
Skouhoudende vergadering gehou op 14 November 2006 te Durbanville, is die
gesogte Agri-Expo Ledeskou Wisseltrofee vir 2006 toegeken aan Riversdal skou.
Die beoordeling het vanjaar gehandel oor die mees uitstaande Jeugafdeling.
Oor die afgelope paar jaar het Riversdal Skou baie uitgebrei met sy verskillende aktiwiteite. Ons kan met trots sê dat tydens 2006 se skou meer as 8 500 mense ons skou besoek het. Die aanbied van Nasionale Kampioenskappe, asook streekskampioenskappe, word algemeen aangebied tydens Riversdal se jaarlikse Landbouskou. Tydens 2006 skou is die Guernsey Nasionale Kampioenskap aangebied. Riversdal skou sal ook in 2008, tydens hul 140 jarige bestaan, die Merino Classics Nasionale Kampioenskappe, asook die Rooipoenskop Nasionale Kampioenskap aanbied. Die omvang van 2008 se skou sal ons genoodsaak wees om die skou oor vier dae aantebied, 'n eerste vir Riversdal skou!
Riversdal skou is van die weinige skoue wat oor hul eie webtuiste besit: http:\\skou.riversdaler.co.za. Hier vind nog veranderings plaas, maar ons glo dit gaan tot voordeel van die dorp en gemeenskap wees.
Die President en sy komitee wil van hierdie geleentheid gebruik maak om hul borge en die publiek te bedank vir hul betrokkenheid en ondersteuning deur die jare.

